Leah is nou in die nuwe KykNET reeks “Sterlopers” te sien!

Sterlopers ontbloot die opwindende versmelting van die twee sye van die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf - die swierige hoofwegte en die donker stegies - op die pad na roem. Die storielyn onthul die temas van ontnugtering, verraad, hartstog en skandaal wat gepaard gaan met die wipplank-rit van die strewe na sukses. Hierdie reeks verken die ambisies, komplekse verhoudings en soeke na identiteit waarvoor elk van die dinamiese karakters in hul afsonderlike segmente van die bedryf te staan kom. Sterlopers word geklassifiseer as ‘n jeugdrama. Nie net laat die aard van hierdie genre toe vir die bekendstelling van nuwe, jong talent nie, maar dit gee ook vir meer bekende kunstenaars die geleentheid om hul talent op ‘n splinternuwe platform ten toon te stel. Sterlopers is boeiend, oorspronklik en vir grootsheid bestem!

Leah vertolk die rol van Nina.

"My karakter is baie soos wat ek as mens is. Dit maak dit eintlik soms moeiliker om dan die karakter te speel! Sy is ook in die toneel- en dansindustrie en wil dit maak as 'n kunstenaar. Sy gee baie om vir haar vriende en probeer altyd help waar sy kan, partykeer ook tot haar spyt. Sy is soms 'n regte blondine, maar sy is wel intelligent en ambiseus! In hierdie reeks gaan Nina deur 'n rits emosies en deel dit met die kykers.” sê Leah.

Leah se eerste album “Wonderwerk” is nou beskikbaar. Haar treffers “Met jou klere aan” en “Meer as niks” het alreeds die Nommer 1 posisie op van die land se grootste radiostasies bereik. 

Sy is nou in Namibie vir 'n landswye toer saam met die sanger JAY.

Kyk Sterlopers, Woensdag aande 21h00 op KykNet (DSTV Kanaal 144).

Om op hoogte te hou van Leah en waarmee sy besig is, volg haar gerus op Twitter @LeahMusiekSA

Vir meer inligting, skakel gerus: 

Jenny Griesel 

 

083 406 3444