Nommer 1 vir Martin Bester

Martin Bester se eerste Afrikaanse solo enkelsnit "Wat weet ek tog" het Nommer 1 op die Jacaranda FM Afrikaanse Top 20 bereik. Die liedjie het ook sover Nommer 2 op die stasie se internasionale Top 20 bereik en is ook tans besig om treffersparades van talle ander radio stasies te klim.

Die liedjie gaan oor die feit dat 'n mens net eenvoudig nie altyd die antwoorde het as dit by liefde kom nie.

Martin sê: "Ek is dankbaar vir die ongelooflike ondersteuning wat die liedjie gekry het en sien uit om die volgende een vry te stel. Hou hierdie spasie dop. 2016 gaan 'n opwindende jaar wees!"

"Wat weet ek tog" was dadelik opgeraam deur die populere Afrikaans is Groot Volume 8 album wat tans in winkels en op iTunes beskikbaar is.

Kyk die musiekvideo hier: https://www.youtube.com/watch?v=sCzTcZr_2C0

Volg Martin gerus op Twitter by @MartinBester en bly op die hoogte van sy loopbaan en beplande optredes of “like” sy Facebook page “Martin Bester.”

Vir meer inligting:

Jenny Griesel

083 406 3444