PLATINUM STATUS VIR KARLIEN VAN JAARSVELD

In tipiese Karlien-styl, volg sy die sukses en platinum verkope wat behaal is met haar vorige twee albums op met platinum status vir haar nuwe CD, “My Hartjie.” Met twee liedjies wat ook reeds nommer 1 regoor die land behaal het, is “Woorde,”die derde treffer vanaf die album, sterk oppad om in die voetspore van “Geskeurde Jeans” en die titelsnit “My Hartjie” te volg. Karlien is beskeie oor die prestasie wat baie vinniger bereik is as wat verwag is. As ‘n dankie aan al haar bewonderaars, het sy hulle hierdie week verras met die uitreiking van die musiekvideo van “Woorde” op haar Facebook-blad. En met die Feesseisoen om die draai, behoort verkopen van die album selfs meer momentum te kry. Kyk gerus die video van “Woorde” hier: https://youtu.be/noknRd9hSgc

 

Vir meer inligting, skakel gerus: 

Jenny Griesel 

Johan Vorster Songs 

 

076 129 2980